Drama Inskrywings
Sluitingsdatum vir affiliasie en inskrywings
10 Maart 2025
- Inskrywingsprosedure
- Koste van Inskrywings
- Bankbesonderhede
- Algemene Inligting
- Reëls
1. Laai die inskrywings-spreistaat hier onder af en stoor dit op u rekenaar
2. Vul die name van leerders in en stuur aan inskrywings.pierneef@gmail.com voor sluitingsdatum
3. Betaal die affiliasiegelde en inskrywingsgelde (soos outomaties op spreistaat verskyn) voor die sluitingsdatum in
Let asb daarop dat Pierneefteater Kunstefees, net soos alle ander fees-instansies, nie die inskrywingsgeld terugbetaal indien u kanselleer nie
R275 vir Affiliasiefooi
R140 per individuele item
R70 per kind per groep item
R250 per voordragkonsertprogram
(Slegs elektroniese betalings word aanvaar)
Pierneefteater Jeugfees
ABSA Tjekrekening
Rekeningnommer: 921 563 2201
Tak: Ben Swartstraat
Verwysing: Dramaskool se naam of indien privaat inskrywing, persoon se naam en van
Epos bewys van betaling na inskrywings.pierneef@gmail.com
Beoordeling
Die beoordelaars word hoofsaaklik gekies uit ‘n lys van beoordelaars wat geregistreer is by die RAAD VAN S.A. BEOORDELAARS (RAB). Die beoordeling moet ‘n opbouende leer-ervaring vir afrigters en leerders bied
Simboolwaarde op Sertifikate
A++ 90%
A+ 85% – 89%
A 80% – 84%
B+ 75% – 79%
B 70% – 74%
C 60% – 69% Geen Sertifikaat
Medaljes word uitgereik vir wenners van afdelings en
Trofeë vir algehele wenners
1. Aantal inskrywings per item vir ateljees en skole: Nie meer as 10 per item nie
2. Daar mag onder geen omstandighede met beoordelaars in gesprek getree word nie. Rig vrae aan tafelbeampte. Beoordeling is finaal
3. Volg asseblief die voorskrifte vir items se lengtes en bepalings
4. Geen kru vloekwoorde in tekste is toelaatbaar nie
5. Keuses van werk moet ouderdom van die deelnemer pas
6. Deelname aan die Pierneefteater Kunstefees is op eie risiko
Afrikaanse Drama Items
Voorbereide Solo Items (Alle tekste is u eie keuse)
Tydsduur: Laerskool: 2 minute 30 sekondes Hoërskool: 3 minute
Kleredrag: Swart dramadrag of skoolklere
Lewering: Sonder gebare
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Geen
Tydsduur: Laerskool: 3 minute Hoërskool: 4 minute
Kleredrag: Swart dramadrag
Lewering: Met bewegings en gebare
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Toelaatbaar
Tydsduur: Laerskool: Maksimum 3 minute Hoërskool: 4 minute
Kleredrag: Swart dramadrag of skoolklere
Lewering: Sonder gebare
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Geen
Tydsduur: Laerskool: 4 minute Hoërskool: 5 minute
Kleredrag: Swart dramadrag
Lewering: Met bewegings en gebare. Verteller mag beweeg
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Toelaatbaar
Tydsduur: Laerskool: 4 minute Hoërskool: 6 minute
Kleredrag: Verkieslik in karakterkostuum of swart dramadrag
Lewering: Karakter lewer ’n gedagtestroom of praat met ander karakter, en in baie min gevalle direk met gehoor
Rekwisiete: Toelaatbaar of gebruik mimiekgebare
Rostrums: Toelaatbaar
Tydsduur: Laerskool: 5 minute Hoërskool: 5 minute
Kleredrag: By Pierneeffees wel in karakterkostuum of swart dramadrag en/of mimiekgrimering
Lewering: Mag Musiek aanwend. Geen spraak of geluide
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Toelaatbaar
Tydsduur: Laerskool: 5 minute (net vanaf graad 5) Hoërskool: 7 minute
Kleredrag: Swart dramadrag
Lewering: Geen vertelling. Karakters word deur een persoon uitgebeeld
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Toelaatbaar
Tydsduur: Graad 1-3: 2 tot 4 minute Graad 4-5: 3 tot 5 minute Graad 6-7: 4 tot 6 minute Graad 8-12: 5 tot 7 minute
Kleredrag: Skooldrag of swart dramadrag
Lewering: Sleutelkaartjies verpligtend. Gebruik natuurlike gebare en oogkontak
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Geen
Tydsduur: 10 minute
Kleredrag: Enige toepaslike drag
Lewering: Kreatiewe lewering wat enige ander kunsvorm insluit is toelaatbaar
Rekwisiete: Ja, indien effektief aangewend
Rostrums: Ja
Tydsduur: 15 minute
Kleredrag: Dramadrag met voorstellings vir kostuums indien effektief
Lewering: Duidelike kontras van genres in spel. Inleidende skakels tussen kontrasterende genres wat om ‘n tema saamgestel is. Teks van program moet aan beoordelaar net voor optrede gegee word.
Rekwisiete: Ja, indien effektief aangewend
Rostrums: Ja
Tydsduur: Berei n leesstuk van 1 tot 3 minute voor
Lewering:Lees voor uit die harde kopie van die boek.
Maak n afskrif vir die beoordelaar van die gedeelte wat gelees word.
Die gekose stuk moet begin op een bladsy en dan moet die leser omblaai na die volgende bladsy en verder lees.
Die leesstuk moet ‘n beskrywende gedeelte en dialoog bevat.
Kondig die naam van die boek en skrywer aan alvorens jy begin lees. Oogkontak, stemvertolking en gesigspel is belangrik.
Voorbereide Groep Items
Tydsduur: Laerskool: 10 minute Hoërskool: 12 minute
Kleredrag: Kostuums of swart dramadrag
Lewering: Dinamiese samespel tussen twee karakters
Rekwisiete: Ja, indien gemotiveerd aangewend
Rostrums: Ja
Tydsduur: Laerskool: 7 minute Hoërskool: 10 minute
Kleredrag: Kostuums of swart dramadrag
Lewering: Groep moet nie meer as 12 deelnemers oorskrei nie
Rekwisiete: Ja, gemotiveerd
Rostrums: Ja
Tydsduur: Laerskool: 10 minute Hoërskool: 12 minute
Kleredrag: Toepaslike kostuums of swart dramadrag
Lewering: Groep moet nie meer as 12 deelnemers oorskrei nie
Rekwisiete: Ja, gemotiveerd
Rostrums: Ja
Tydsduur: Graad 1-3: Minimum 10 minute en maksimum 12 minute Graad 4-12: Minimum 12 minute en maksimum 15 minute
Kleredrag: Netjiese skoolklere of spandrag
Lewering: Groep moet as ‘n geheel saamwerk. Inhoud van praatjie en lewering met sleutelkaartjies, oogkontak en gebare is belangrik
Rekwisiete: Slegs as gemotiveerd
Rostrums: Ja
Onvoorbereide Items
Tydsduur: Laer- en hoërskool: 5 minute voorbereiding, 2 minute lees
Kleredrag: Skooldrag of swart dramadrag
Lewering: Hou boek netjies vas, hoër grade maak oogkontak, onderskei in stem en emosie tussen verteller en karakters
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Geen
Tydsduur: Laer- en hoërskool: 5 minute voorbereiding, 3 minute vertel
Kleredrag: Skooldrag of swart dramadrag
Lewering: Kies tussen twee onderwerpe. Kondig storienaam kreatief aan. Sit en vertel met gebare. Gebruik alomteenwoordige verteller of ek-verteller. Onderskei tussen karakters en verteller met emosies, karakterstemme en handgebare
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Rostrum of stoel
Tydsduur: Laer- en hoërskool: 5 minute voorbereiding, 3 minute aanbied
Kleredrag: Skooldrag of swart dramadrag
Lewering: Kies tussen twee onderwerpe. Kondig storienaam aan. Gebruik alomteenwoordige verteller of ek-verteller. Onderskei tussen karakters en verteller met emosies, karakterstemme en bewegings
Rekwisiete: Geen
Rostrums: Ja, gemotiveerd
Tydsduur: Laer- en hoërskool: 5 minute voorbereiding, 3 minute aanbied
Kleredrag: Skooldrag of swart dramadrag
Lewering: Kies tussen twee onderwerpe of voorwerpe. Kondig keuse aan
Rekwisiete: Ja, indien voorwerp verskaf is
Rostrums: Ja, gemotiveerd
