Skryfkuns Inskrywings

Sluitingsdatum vir inskrywings

30 Mei 2026

Sluitingsdatum vir instuur van tekste

30 Mei 2026

Graad 3 tot Graad 12

Slegs persone wat professionele, gepubliseerde skrywers is sal die werke beoordeel.

 

Wenners se wenstukke sal op hierdie webblad geplaas word.

1. Laai die inskrywingsdokument hier onder af en stoor dit op u rekenaar

2. Vul ‘n inskrywingsvorm in vir elke skrywer en stuur aan celia@3gi.co.za voor die sluitingsdatum

3. Betaal die inskrywingsgelde voor die sluitingsdatum in

4. Stuur geskrewe tekste saam met bewys van betaling voor die sluitingsdatum in

Let asb daarop dat Pierneefteater Kunstefees, net soos alle ander fees-instansies, nie die inskrywingsgeld terugbetaal indien u kanselleer nie

R100 per skryfkuns item

(Slegs elektroniese betalings word aanvaar)

Pierneefteater Jeugfees
ABSA
Tjekrekening
Rekeningnommer: 921 563 2201
Tak: Ben Swartstraat
Verwysing: Skryfkuns – naam en van
Epos bewys van betaling saam met geskrewe teks na celia@3gi.co.za

1. Die werk moet asb getik wees en saam met die bewys van betaling aan skryf@pierneefkunstefees.co.za gestuur word voor of op 30 Mei 2025

2. By elke werk wat ingegee word moet ‘n geskandeerde kopie van die verklaring, wat aan die onderkant van die inskrywingsvorm voorkom, aangeheg word

Skryfkuns Afdelings

Poësie

‘n Afrikaanse, Engelse of Tweetalige gedig van enige lengte kan ingegee word

Poësie bestaan uit verskeie elemente:

Moet asb nie poësie of digkuns verwar met rympies of versies nie. ‘n Rympie se storie volg die vorige rymwoord se klank en daarvoor hoef jy nie baie hard te dink nie. ‘n Gedig of Poësie bevat gevoelens en vergelykings. Jy vergelyk byvoorbeeld jou gevoel vir iemand met die reuk van parfuum. Jy beskryf en omskryf ‘n ervaring of waarneming met oorspronklike beeldspraaak en woorde. Jou gedig mag rym of mag‘n vrye vers wees.

Kort Verhaal

‘n Afrikaanse, Engelse of Tweetalige verhaal wat nie langer as vier A4 bladsye is nie

Verhaal

‘n Afrikaanse, Engelse of Tweetalige verhaal wat nie langer as 10 A4 bladsye is nie

Kortverhale en verhale bestaan uit verskeie elemente:

‘n Idee of konsep of boodskap wat jy as ‘n wegneem-idee by jou leser wil agter laat

‘n Hoofkarakter en by-karakters met verskillende eienskappe wat beskryf word wat elke ‘n doel dien in jou storie

Dialoog wat tussen die karakters plaasvind wat ook die eienskappe van die karakters aan ons openbaar

‘n Plek waar die verhaal plaasvind wat sintuiglik beskryf word

‘n Droom of begeerte of motivering wat die hoofkarakter aandryf: Iets wat hy wil hê, of wees, of wil besit, of wil word of wil doen

Iets of iemand wat die droom van die hoofkarakter teë gaan

‘n Reeks gebeure waar tydens die hoofkarakter worstel om dit wat sy droom teë werk te probeer oorkom

‘n Klimaks waar die hoofkarakter regtig in groot moeilikheid beland

‘n Ontknoping waar dinge wat skeef is begin reg loop

‘n Einde wat jou en die leser gelukkig maak of skok of met ‘n groot vraagteken laat

Eksperimentele Skryfstuk
Dalk skryf jy grappe, kinderstories of tekenprent-verhale of essays of woorde vir liedjies met die musiek daarby.  Dalk skryf jy ‘n monoloog, dialoog, toneelstuk of ‘n draaiboek!

As jy iets raar en wonderbaar geskryf het

wat jy met ons wil deel,

stuur dit in onder eksperimenteel!